Choosing a first Thermal rifle sight

Started by 223, Jan 31, 2024, 09:33 PM

Previous topic - Next topic

223

Goeiedag almal

Ek is op soek na 'n bruikbare en bekostigbare "Thermal" geweerteleskoop.

Daar is so baie van die goed en hulle is ook nogal besonders duur.  Ek sien nie kans vir een van die R80-120k modelle nie.

Wat ek graag sal wil hĂȘ is ene wat ek tot op ongeveer 200m kan gebruik op bosvarke, maar wat ook geskik is om rondom die werf te sien as die honde snags vir iets blaf, wat ek nie andersins kan identifiseer of opspoor nie.

Miskien kan ek later kyk na die goed waarmee jy 'n jakkal op 800m kan uitdun.

Wie het al met die intree-vlak modelle gespeel?  Hoe maak hulle? Gaan ek my kosbare spaargeld mors, of is die goed bruikbaar en duursaam?

Groetnis

Ds J

Geen ervaring of kennis nie. Ek weet dat baie boere daarna smag! Dit is n enorme hulp om saans roofdiere en betreders op te spoor.

223

Quote from: Ds J on Feb 01, 2024, 05:53 AMGeen ervaring of kennis nie. Ek weet dat baie boere daarna smag! Dit is n enorme hulp om saans roofdiere en betreders op te spoor.

Dis net so.

Ek sien bv. Hikmicro het meer bekostigbare modelle.  Die kleinste ene het 'n 19mm lens, dus die 19 in sy modelnommer.

Die vervaardigers se spesifikasies vertel my nie of die ding gaan werk vir my doeleindes nie.

Wie het al met die model, of 'n groter ene, in die veld gespeel?

223

Ek het die afgelope naweek deur 2 kompakte "handheld" thermal enkeloog modelle gekyk.

Die eerste was 'n Pulsar, maar ek kon nie die model uitmaak in die donker nie.  Puik resolusie. Ek kon 'n kol op +/-600m sien wat waarskynlik 'n koedoe bul was.

Die 2de was 'n Hikmikro en baie basies.  Ek kon basies net naby my sien, maar dit was seker ook die goedkoopste model. Daar was nie tyd om te speel en te kyk wat hy met of sonder my bril maak nie.  Sal graag meer tyd wil spandeer met die ene voor ek 'n mening kan gee.

Treeman

Quote from: 223 on Feb 19, 2024, 10:13 PMEk het die afgelope naweek deur 2 kompakte "handheld" thermal enkeloog modelle gekyk.

Die eerste was 'n Pulsar, maar ek kon nie die model uitmaak in die donker nie.  Puik resolusie. Ek kon 'n kol op +/-600m sien wat waarskynlik 'n koedoe bul was.

Die 2de was 'n Hikmikro en baie basies.  Ek kon basies net naby my sien, maar dit was seker ook die goedkoopste model. Daar was nie tyd om te speel en te kyk wat hy met of sonder my bril maak nie.  Sal graag meer tyd wil spandeer met die ene voor ek 'n mening kan gee.
*****************************************
Phone a guy called Bart, Renwick Traders 0828795501 or Google. He was a small one man importer and has slowly moved up the ladder in regard to value he imports. He impressed me with his honesty about products as he learnt.
He also gave me a free replacement part 2-3 years later when my R2000 entry level china made night vision broke.
I am who I am - I am not who you want me to be.
Therefore I am me.