Hoe stoor n mens die vuurwapens - kolf boontoe, of loop boontoe?
xxx
Storage of firearms - barrel up, or upside down?
Daar is sekere gewere wat loop ondertoe gestoor moet word:
1. .22 met knaldemper, anders val al die baie vuilgoed in die demper in die loop af.
2. Ander gewere met dempers wat so gebou is dat enige los residue uit die demper in die loop kan afval.
3. Gewere met sagte skopkussings, wat sal pap druk as die geweer se gewig daarop staan.
4. Gewere met skoonmaakmiddels in die loop wat oornag 'n bietjie moet trek om hardnekkige aanpaksels los te kry.
Ek sit nooit genoeg olie in die loop, dat dit kan uitloop nie, spesifiek omdat dit geen goed kan doen in die aksie en kolf nie.
Die meeste kluise kan heelwat meer lang gewere hanteer, as die helfte onderstebo (loop ondertoe) ingepak word. Dis nou as daar nie 'n rak in die pad is nie.
As 'm kluis te vol raak, dan stamp die gewere teen mekaar wat skade maak en die teleskope kan laat uit stel. Pak versigtig. 'n Ekstra kluis is nooit 'n slegte idee nie.
Dis maklik om handwapens teen die kluisdeur se binnekant te hang. Mens kan 'n seil-kontrepsie laat maak wat amper so lyk soos die goed wat mense agter hulle bakkies se sitplek leunings hang. Alternatiwelik, kan die regte grootte hake, vasgemaak deur die kleusdeur se agterste deksel, 'n hele klomp handwapens akkomodeer. Trek die hake oor met "heat shrink" of rubber pypies en plak 'n paar stroke hoë-digtheid spons seël stroke teen die deur. om die wapens teen krapmerke te beskerm.
'n Permanente lig in die kluis help ook om die humiditeit af te bring. Mens moet dan seker 'n gat boor vir die kabel.