Goeiedag almal
Ek is op soek na 'n bruikbare en bekostigbare "Thermal" geweerteleskoop.
Daar is so baie van die goed en hulle is ook nogal besonders duur. Ek sien nie kans vir een van die R80-120k modelle nie.
Wat ek graag sal wil hê is ene wat ek tot op ongeveer 200m kan gebruik op bosvarke, maar wat ook geskik is om rondom die werf te sien as die honde snags vir iets blaf, wat ek nie andersins kan identifiseer of opspoor nie.
Miskien kan ek later kyk na die goed waarmee jy 'n jakkal op 800m kan uitdun.
Wie het al met die intree-vlak modelle gespeel? Hoe maak hulle? Gaan ek my kosbare spaargeld mors, of is die goed bruikbaar en duursaam?
Groetnis