Choosing a first Th...
 
Notifications
Clear all

Choosing a first Thermal rifle sight

5 Posts
3 Users
0 Reactions
5,961 Views
 223
(@223)
Posts: 178
Estimable Member
Topic starter
 
[#468]

Goeiedag almal

Ek is op soek na 'n bruikbare en bekostigbare "Thermal" geweerteleskoop.

Daar is so baie van die goed en hulle is ook nogal besonders duur.  Ek sien nie kans vir een van die R80-120k modelle nie.

Wat ek graag sal wil hê is ene wat ek tot op ongeveer 200m kan gebruik op bosvarke, maar wat ook geskik is om rondom die werf te sien as die honde snags vir iets blaf, wat ek nie andersins kan identifiseer of opspoor nie.

Miskien kan ek later kyk na die goed waarmee jy 'n jakkal op 800m kan uitdun.

Wie het al met die intree-vlak modelle gespeel?  Hoe maak hulle? Gaan ek my kosbare spaargeld mors, of is die goed bruikbaar en duursaam?

Groetnis

Posted : 31/01/2024 11:33 am
 Ds J
(@Ds J)
Posts: 901
 
Geen ervaring of kennis nie. Ek weet dat baie boere daarna smag! Dit is n enorme hulp om saans roofdiere en betreders op te spoor.

Posted : 31/01/2024 7:53 pm
 223
(@223)
Posts: 178
Estimable Member
Topic starter
 
Geen ervaring of kennis nie. Ek weet dat baie boere daarna smag! Dit is n enorme hulp om saans roofdiere en betreders op te spoor.

Dis net so.

Ek sien bv. Hikmicro het meer bekostigbare modelle.  Die kleinste ene het 'n 19mm lens, dus die 19 in sy modelnommer.

Die vervaardigers se spesifikasies vertel my nie of die ding gaan werk vir my doeleindes nie.

Wie het al met die model, of 'n groter ene, in die veld gespeel?

Posted : 02/02/2024 2:35 am
 223
(@223)
Posts: 178
Estimable Member
Topic starter
 
Ek het die afgelope naweek deur 2 kompakte "handheld" thermal enkeloog modelle gekyk.

Die eerste was 'n Pulsar, maar ek kon nie die model uitmaak in die donker nie.  Puik resolusie. Ek kon 'n kol op +/-600m sien wat waarskynlik 'n koedoe bul was.

Die 2de was 'n Hikmikro en baie basies.  Ek kon basies net naby my sien, maar dit was seker ook die goedkoopste model. Daar was nie tyd om te speel en te kyk wat hy met of sonder my bril maak nie.  Sal graag meer tyd wil spandeer met die ene voor ek 'n mening kan gee.

Posted : 19/02/2024 12:13 pm
Treeman
(@treeman)
Posts: 1807
Member Moderator
 
Ek het die afgelope naweek deur 2 kompakte "handheld" thermal enkeloog modelle gekyk.

Die eerste was 'n Pulsar, maar ek kon nie die model uitmaak in die donker nie.  Puik resolusie. Ek kon 'n kol op +/-600m sien wat waarskynlik 'n koedoe bul was.

Die 2de was 'n Hikmikro en baie basies.  Ek kon basies net naby my sien, maar dit was seker ook die goedkoopste model. Daar was nie tyd om te speel en te kyk wat hy met of sonder my bril maak nie.  Sal graag meer tyd wil spandeer met die ene voor ek 'n mening kan gee.

*****************************************
Phone a guy called Bart, Renwick Traders 0828795501 or Google. He was a small one man importer and has slowly moved up the ladder in regard to value he imports. He impressed me with his honesty about products as he learnt.
He also gave me a free replacement part 2-3 years later when my R2000 entry level china made night vision broke.

I am who I am - I am not who you want me to be.
Therefore I am me.

Posted : 19/02/2024 10:23 pm
Share:

Sign In

Register

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.