Goeiemôre, help asb met goeie raad?
Ek begin sukkel om my ou 303 se korrel maklik en vinnig raak te sien as ek op n skietbaan met n veiligheidsbril moet skiet. 'n Gewone gaatjiesvisier raak ook al moeilik want die gaatjie raak dof, veral as dit vinniger moet gaan. Handwapens se korrels is nie 'n probleem nie.
Enige raad daarmee?
(Having difficulty quickly picking up the front sight of my old 303, and similar with the peephole on other rifles when using eye protection on shoots. No trouble picking up handgun sights with safety glasses. Any advice appreciated.)
Is jy verplig om oop visier te gebruik?
Nee, ek het vir die afwisseling my ou 303 saamgevat maar die groot kopseer is my Mini 14 met die gaatjiesvisier.
Die teleskoopmonterings vir die Mini 14 is almal redelik hoog, byna soos die meeste 303-monterings. Ek het een maar dit is regtig moeilik om met so n hoë teleskoop te skiet.
Jy kyk deur die gaatjie en jou oog sentreer homself verbasend maklik, al is die ring dof. As jy nog die korrel en teiken duidelik sien behoort jy nog goed reg te kom. Die derdom is maar 'n blikskottel!!!!
Die brille maak alles dof? Ek sukkel om te fokus met die veiligheidsbril. Die res werk maklik.
Ongelukkig kry jy waarvoor jy betaal.
Soek vir Uvex Pheos NXT of Uvex Pheos CX2. Hulle is so +-R200 en het baie min beeldbuiging.
Anders sal jy maar by "tactical" winkels moet rondsoek.
Ongelukkig kry jy waarvoor jy betaal.
Soek vir Uvex Pheos NXT of Uvex Pheos CX2. Hulle is so +-R200 en het baie min beeldbuiging.
Anders sal jy maar by "tactical" winkels moet rondsoek.
Baie dankie, ek sal definitief daarna kyk.
